Wie baat by ROF?

a.)  Hoëronderwys- en opleidingsinrigtings wat ook in Afrikaans onderrig aanbied.

b.)  Skole en opleidingsinrigtings wat verantwoordelik is vir algemene onderwys en opleiding en wat ook Afrikaans as onderrigmedium aanbied.

c.)   Pre-primêre skole en skole vir gestremde leerlinge met ook Afrikaans as voertaal.

d.)  Afrikaanssprekende kinders in koshuise en tehuise wat aan die artikel 18A-registrasievereistes voldoen.

e.)  Doserende personeel, onderwysers, opleiers wie se huistaal nie Afrikaans is nie, maar wat Afrikaans goed magtig is en van wie verwag word (en wat ook bereid is) om studente en leerders in Afrikaans te onderrig of op te lei; en studente wat bereid is om hul onderrig (sover prakties haalbaar) in Afrikaans te ontvang.

Kommentaar is gesluit.