Meer oor ROF

  • Die ROF is in November 2003 as ‘n gesamentlike inisiatief van organisasies gestig. ʼn Raad van Trustees bestaande uit verteenwoordigers van Rapport, Solidariteit, die Afrikanerbond en (vanaf 2007) die Dagbreek Trust en die Dameskring is verantwoordelik vir die bestuur en beheer van die fonds.
  • Die ROF is ‘n stigting. Die Raad van Trustees bestaan uit twee verteenwoordigers van elke prinsipaal, met mnr. Nelson Borman as regsadviseur . Mnr. Hennie de Wet hanteer die sekretariaat van die Raad.
  • Die prinsipale poog om die bedryfskoste van die Fonds te dra sodat alle finansiële bydraes tot die fonds sover moontlik vir leningsbeurse gebruik kan word. Afrikaanse Beursinstituut is in Maart 2009 gekontrakteer om die finansiële en beursadministrasie te doen.
  • Die doel van die Fonds is breedweg om Afrikaanse onderwysstudente te help en finansieel te ondersteun. Indien daar fondse beskikbaar is, word dit ook vir ander studierigtings aangewend. Die beurslenings word na die toekenning aan studente aan die onderskeie tersiêre instellings oorbetaal.
  • Daar is tans ‘n geweldige groot behoefte aan fondse, en die ROF kan nie naastenby in die behoefte voorsien nie. Die ROF het verlede jaar 452 aansoeke ontvang en kon met ʼn bydrae van R1,5 miljoen slegs 137 studente help.
  • Die Fonds het artikel 18A-belastingvrystelling. Enige geldelike toekennings by wyse van lenings/beurse/skenkings kan alleen aan persone gedoen word via ‘n instelling wat ingevolge artikel 18A van die Inkomstebelastingwet geregistreer is, en dieselfde vereiste geld vir skenkings/lenings aan instansies/instellings. Sertifikate word uitgereik aan instellings en individue wat bydraes maak sodat hulle hierdie bydraes te kan aftrek van hulle belasbare inkomste.
  • Die Fonds is by die Nasionale Kredietreguleerder geakkrediteer (NCRCP3885) en is geregistreer as ‘n “Non-Profit Organisation” (041-319NPO).

Opmerking: Toekennings word op ‘n totaal nie-rassige basis gedoen. Die Fonds het sedert 2004 reeds meer as 1000 beurslenings by 17 verskillende tersiêre instansies toegeken – in 2011 is 137 beurslenings ter waarde van meer as R1,5m toegeken.

ʼn Onafhanklike beurskomitee, wat saamgestel word uit kundiges op die terrein van die toekenning van beurse, oorweeg jaarliks alle aansoeke volgens goedgekeurde kriteria asook ander faktore soos akademiese potensiaal, leierskapsvaardighede en ‘n middeletoets. Daar word ook gefokus op Afrikaanssprekende studente wat in matriek baie onderskeidings gekry het, maar nêrens geholpe raak met beurse of lenings nie.

  • Hulp is hoofsaaklik in die vorm van beurslenings. ‘n Gedeelte van die lening word jaarliks op grond van akademiese prestasie in ʼn beurs omskep.
  • Reserwefondse word ingevolge ‘n finansiële beleid deur Hein Kruger Internasionaal belê ten einde die maksimum opbrengs te verkry.

Kommentaar is gesluit.