ONDERWYS IN SUID-AFRIKA
2009 Matriekuitslae in ‘n neutedop:
In 1998 begin 1 444 018 leerlinge met graad 1.
In 2009 slaag 334 745 leerlinge matriek. Slegs 20% van leerlinge wat geskryf het, kwalifiseer vir graadstudie.
Inskrywings van 1998 (gr. 1) tot 2005 (gr. 12)
HUIDIGE PROBLEME IN ONDERWYS
- Onderwys van ‘n lae gehalte beïnvloed ekonomiese groei aangesien dit deurspoel na werkloosheid en armoede, korrupsie en tekorte aan menslikehulpbronne.
- Gebrek aan geletterheid (basiese skryf-, lees- en syfervaardigheid) van leerders en gebrek aan vakkennis van talle onderwysers is ‘n groot rede vir swak prestasie. In 2009 het slegs 991 leerders ‘n onderskeiding in beide wiskunde en wetenskap behaal. Statistiek toon dat slegs 50% van die onderwysers wat wiskunde onderrig en 42% van onderwysers wat natuurwetenskappe onderrig oor naskoolse kwalifikasies beskik.
Die ROF wil deur finansiële hulpverlening daadwerklik meewerk om ‘n ommekeer in bogenoemde situasie te bewerkstellig. Dit is noodsaaklik dat voornemende jong onderwysers toegang kry tot goeie onderwyskwalifikasies.
AFRIKAANS IN SUID-AFRIKA
Navorsing het getoon dat net 16% van die matrikulante in Afrikaanse skole toegang tot universiteitsopleiding het. Van dié jongmense wat nie gaan studeer nie, noem 70% geldelike struikelblokke as een van die grootste beperkende faktore.
Afrikaanse studente het beperkte toegang tot studiehulp:
- NSFAS (die staat se beursfonds) ken slegs 2% van die fondse toe aan wit studente en 7% aan bruin studente, waarvan ‘n gedeelte Afrikaans praat.
- Groot korporatiewe instansies wat in die verlede kon help het tans kwotas waaraan voldoen moet word.
- Die vraag na beurse en studiehulp is oorweldigend en daar is tans slegs beperkte hulpbronne beskikbaar.
