Die beursadministrasie van die ROF is aan die Afrikaanse Beursinstituut van Solidariteit Helpende Hande uitgekontrakteer, wat dit as deel van ‘n beursplatform op uiters bekwame en professionele wyse doen.
Kontak Dinah Theron (dinah@helpendehand.co.za) vir enige beursnavrae.
Die ouditeursfirma Meintjes, Vermooten Brooklyn is as ouditeure van die ROF aangestel.
Hein Kruger Internasionaal is die beleggingsmaatskappy wat verantwoordelik is vir die bestuur van reserwefondse.
Finansiële bydraes tot die ROF is belastingaftrekbaar. Artikel 18A-belastingvrystelling- sertifikate word ná ontvangs uitgereik.
Die ROF is by die Nasionale Kredietreguleerder (NCRCP3885) geakkrediteer en is ook geregistreer as ‘n “Non-Profitable Organisation” (041-319NPO).