Wat is die ROF?

Die Rapport Onderwysfonds (ROF) is ‘n nasionale fonds wat Afrikaanse onderwys en opleiding op verskeie terreine bevorder en ondersteun.

Die hoofdoel van hierdie fonds is om jongmense finansieel te ondersteun in die verkryging van ‘n onderwyskwalifikasie en om die volhoubare gebruik van Afrikaans as funksionele landstaal te bevorder. Beurslenings word aan onderwys­studente toegeken en, indien fondse beskikbaar is, ook in ander studierigtings. ‘n Gedeelte van ‘n lening kan op grond van akademiese prestasie in ‘n beurs omskep word.

Die ROF is in November 2003 as ‘n gesamentlike inisiatief van Rapport en Afrikaanse organisasies gestig.

  • Die Fonds het baie beskeie begin. In 2004 is beurslenings ter waarde van slegs R64 882 toegeken. In die daaropvolgende jaar het dit tot R790 000 aangegroei.
  • In 2009 is 162 beurslenings ter waarde van R1,8 miljoen toegeken en in 2010  is 132  beurslenings ter waarde van R1,4 miljoen beskikbaar gestel.
  • Sedert 2004 is meer as 860 beurslenings met ‘n waarde van  R8,9 miljoen by 13 verskillende tersiêre instansies toegeken!

Die finansiële bydraes tot die ROF is belastingaftrekbaar. Artikel 18A-belastingvrystellingsertifikate word na ontvangs uitgereik.

Die Fonds is by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR)] geakkrediteer.

Kommentaar is gesluit.