INLIGTINGSTUK 2011 –
SLUITINGSDATUM : 15 SEPTEMBER 2011
- Voornemende en huidige studente asook huidige beursleninghouers wat belangstel om by die Rapport Onderwysfonds aansoek te doen vir ‘n leningsbeurs in 2012 kan vanaf 1 Mei 2011 aansoekvorms by hul opleidingsinstansie of by die volgende kontakpunte aanvra:
| E-pos | melani@helpendehand.co.za dinah@helpendehand.co.za |
|
|
||
| Telefoon- en faksnommers |
|
|
| Posadres | Die Beursfondsbeampte Rapport Onderwysfonds Posbus 8766 Centurion 0046 |
- Verskaf asseblief verkieslik ‘n e-posadres of ‘n faksnommer waarheen die aansoekvorms gestuur kan word.
- Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 SEPTEMBER 2011. Voltooide aansoekvorm en vereiste dokumentasie moet asb. na een van bostaande adresse gestuur word.
- Hulp is in die vorm van ‘n beurslening waarvolgens ‘n lening vir ‘n jaar teen ‘n baie gunstige rentekoers aan die student toegestaan word. Van hierdie lening kan 50% egter aan die hand van die akademiese jaaruitslae volgens ‘n glyskaal in ‘n beurs omskep word. Daar moet jaarliks weer vir ‘n beurslening aansoek gedoen word.