Vriende van ROF

Bydraes gemaak

Debietordervriende

Ons wil vir u ‘n baie groot dankie sê vir u getroue bydraes elke maand.  Stil-stil, sonder dat u naam ooit gepubliseer word, lewer u elke maand ‘n bydrae tot die Rapport Onderwysfonds.  En sodoende word ‘n student se hele toekoms positief beïnvloed – deur u!  Baie dankie vir u lojale ondersteuning en positiewe gesindheid!  Ons waardeer u opreg.  SMS asseblief u naam na 073 122 88 00 sodat ons telefonies met u kan gesels.

Volledige lys

Ad hoc-vriende

Ons ontvang weekliks ad hoc-skenkings van donateurs regoor Suid-Afrika.  Sommige donateurs gee elke maand ‘n bydrae – BAIE DANKIE!  U ondersteuning word opreg waardeer!

Volledige lys

Op soek na ons ou vriende (skenkers)

Het u dalk in die verlede ‘n skenking gemaak vir ROF? ROF wil baie graag vir u skakel, die stem agter die skenking ontmoet en vir u persoonlik dankie sê – u het daardeur ‘n wesenlike verskil gemaak in die toekoms van ‘n jong matrikulant! Sms asseblief u naam na 073 1 22 88 00 sodat ons u kan kontak.

Kommentaar is gesluit.