
Die hoofdoel van hierdie fonds is om jongmense finansieel te ondersteun in die verkryging van ‘n onderwyskwalifikasie en om die volhoubare gebruik van Afrikaans as funksionele landstaal te bevorder. Beurslenings word aan onderwysstudente toegeken en, indien fondse beskikbaar is, ook in ander studierigtings. ‘n Gedeelte van ‘n lening kan op grond van akademiese prestasie in ‘n beurs omskep word.
Onderwys in Suid-Afrikaanse skole speel ‘n kardinale rol in die toekoms van ons land. Dit raak nie net die toekoms van vandag se kinders nie, maar het ook ‘n direkte invloed op werkloosheid, korrupsie, die tekort aan menslike hulpbronne en uiteindelik op volgehoue ekonomiese groei en ontwikkeling in Suid-Afrika.
BANKBESONDERHEDE:
Die Rapport Onderwysfonds
Absa
Takkode 632 005
Rekeningnommer 405 864 6741 (tjekrekening)